BUFFELFEES 2013
Wow! Fantasties! Wonderlik! Onvergeetlik!
Laerskool Aliwal-Noord het letterlik hierdie jaar die buffel by die horings gepak en van Buffelfees 2013 ‘n onvergeetlike ervaring gemaak.  Stoutste verwagtinge is oortref met nie minder as 67 stalletjies nie.  Daar was iets van alles by die fees en die kosstalletjies het ieder en elk heerlik laat smul.
Al die gaskunstenaars het kleur aan die fees verleen. ADAM het al die meisies se harte sommer warm laat klop en MWAH elke man se knieë lam gemaak. 4WERKE het beslis gesorg vir “vuurwerk” vermaak.  Nicolas Louw se energie was aansteeklik.  Ons staatmaker Zak Steyn het weereens nie teleurgestel nie en het vir goeie vermaak en ‘n program wat vlot verloop het, gesorg.
Plaaslike vermaak by name die ATKV sangers, dansers van Riëtte’s Dance Studio en mode-skeppings van FabbianBrittonCouture het smaak aan die fees verleen.
Die foto-kompetisie en die aankondiging van Mej. Buffelfees is gewis ‘n hoogtepunt op die program.  Aliwal-Noord het darem pragtige dogtertjies en meisies.  Baie geluk aan Eleanor Mollentzé (Mej. Buffelfees) Michelle Pote (1ste prinses) en Anezwa Sigenu (2de prinses).

Al die ouers en vrywilligers wat kom werk en ondersteun het, baie dankie, sonder jul hulp sou ons beslis klei getrap het.
‘n Spesiale word van dank aan die gemeenskappe van Aliwal-Noord en buurdorpe wat die fees kom ondersteun het, sonder jul ondersteuning sou daar geen fees gewees het nie.
Dankie vir oop hande en harte met al die borgskappe, dit word hoog op prys gestel.
NASHUA BLOEMFONTEIN,  GSM VODASHOP ALIWAL-NOORD,  PICK ‘N PAY FAMILY STORE ALIWAL-NOORD
STANDARD BANK,  LA RIVIERA GASTEHUIS,  ALIWAL DRUKKERS,  KWêLA GASTEHUIS,  ALIWAL AUTO
GARDMED AMBULANCE,  VIC’S CLOTHING,  GLASFIT,  ORANJE DIENSSENTRUM,  ALIWAL TOYOTA
MILLION FACES,  FABIANBRITTONCOUTURE,  THUMBS’UP,  HELPMEKAAR,  MARILYN’S B&B, 
LETSATSI GAME RESERVE,  RT SIGNS,  DAMPIER MOTORS,  ALIWAL SOUND,JOHANN BORNMAN FIN. ADV
PIETERSE & POTE

Die feeskomitee kan hulself gerus op die skouer klop en sê: “A job well done”. Hierdie fees was ‘n spanpoging en daarom ‘n reuse sukses.
Sien julle almal weer by volgende jaar se Buffelfees, tot dan …, Dapper Vorentoe!

 

 

KOMPETISIES

akkommodasie

Fotos

COMING SOON